Ons blogger het vandeesweek die ABC van alfabet-versiering op Pinterest ontdek.

DIE gebruik van letters as dekor is nie ’n nuwe gier nie, maar dit bly pragtig. Jy kan dit vars laat lyk deur jou eie stempel daarop af te druk. Hier is wonderlike idees wat ek vandeesweek op Pinterest raakgeloop het – moet dus nie op jou laat wag om die skrif aan die muur te plak nie! Ek het ook heel onder ’n paar wenke bygevoeg wat jou sal help om dit netjies te doen.

1 Vrolike warboel

[caption id="attachment_54720" align="alignnone" width="400"]Foto’s gespeld van apartmenttherapy.com (links) en lakbermagazin.hu Foto’s gespeld van apartmenttherapy.com (links) en lakbermagazin.hu[/caption]

Jy het nie ’n boodskappie nodig om die mooi lyne van letters te geniet nie. Dié twee kamers spel die eienaars se stylvolheid uit. Jy kan individuele letters by handwerkwinkels koop en dit na jou smaak opplak. As jy van die voorkoms regs hou, kan jy jou eie ontwerp spesiaal laat maak (lees die wenke heel onder).

2 Vir seuns en meisies

[caption id="attachment_54727" align="alignnone" width="400"]Foto’s gespeld van madeinaday.com (links) en potterybarnkids.com Foto’s gespeld van madeinaday.com (links) en potterybarnkids.com[/caption]

Ek hou baie van die seekleure en die digte rangskikking van die strandwoorde in die seuntjiekamer links. Elke seun se naam is ook bo sy kopstuk vasgesit. En die verweerde bedkassie lyk soos iets wat op die strand uitgespoel het!

Die pienk kamer kombineer twee groot giere in meisiekamers: muurkuns en dekorletters. Die letters wat van die boom af hang is een van die mooiste maniere om kindername as dekor te gebruik wat ek nog gesien het.

3 Monogramme met ’n moderne kinkel

[caption id="attachment_54721" align="alignnone" width="567"]Van links: foto’s gespeld van jonesdesigncompany.com, Rahea Robb en Kari Hilliard Van links: foto’s gespeld van jonesdesigncompany.com, Rahea Robb en Kari Hilliard[/caption]

Maak ’n dekorstelling met ’n enkele letter – of dit nou die eerste letter van julle van is of ’n kind se voorletter. Groepeer geraamde of ongeraamde letters (of ’n kombinasie) by mekaar of rangskik letters tussen gesinsfoto’s soos op die middelfoto.

Lees die wenke heel onder vir raad oor hoe om letters te versier en te raam.

[caption id="attachment_54723" align="alignnone" width="400"]Foto gespeld van etsy.com Foto gespeld van etsy.com[/caption]

Hier is nog ’n manier waarop jy jou monogram teen die muur kan opsit. Jy kan selfs die Middletons (hertogin Kate se ma en pa) naboots en jou eie gesinswapen ontwerp! Gee jou ontwerp aan een van die baie maatskappye in SA wat pasklaar plakkers en dekalkomanie maak en voilà! jy kry dadelik ’n tikkie klas by. Lees ook die wenke heel onder.

4 Rooiletterkamer

[caption id="attachment_54719" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van sweettoothrecipe.blogspot.ca Foto gespeld van sweettoothrecipe.blogspot.ca[/caption]

Ek is gek oor die groot letters, helder kleure en grafiese lyne in dié kamer. Die reuse rooi letters is ook dik genoeg dat kleiner letters daarop kan staan (of ’n wekker of geraamde foto). Ek sal ’n bietjie bang wees ek stamp my kop teen die E, so dié rangskikking sal dalk beter bo my lessenaar werk.

5 Eensame bekoring

[caption id="attachment_54716" align="alignnone" width="383"]Foto links gespeld van primitiveandproper.blogspot.com; foto regs gespeld van homedecorpark.com Foto links gespeld van primitiveandproper.blogspot.com; foto regs gespeld van homedecorpark.com[/caption]

Enkelletters kan ’n groot impak op ’n kamer hê. Sedert ek die kinderkamer links ’n ruk gelede op Pinterest gesien het, is ek al mal daaroor. Die kleure is ’n lieflike en goeie keuse as jy blou of pienk wil vermy. Ek hou ook van hoe die seegroen B die kleure van die laaie eggo. Die ombre-verftegniek is maklik: Laat jou verfwinkel net verskeie 250 ml-potjies van ’n enkele kleurpapierstrokie meng.

Dit groot G regs is teen ’n goiing-agtergrond geraam (lees die wenke heel onder).

6 Welkom in ons familie

[caption id="attachment_54718" align="alignnone" width="321"]Foto oorgespeld van organizeyourstuffnow.com Foto gespeld van organizeyourstuffnow.com[/caption]

Hierdie swart, wit en neutrale rangskikking het spesiale betekenis: Elke keer as ’n nuwe familielid gebore word, word sy of haar voorletters by die letters teen die trap gevoeg.

7 Dis ’n wye wêreld

[caption id="attachment_54728" align="alignnone" width="367"]Foto gespeld van etsy.com Foto gespeld van etsy.com[/caption]

Hier is nog ’n manier om ou kaarte as dekor in te span. (Lees my blog oor ander idees met ou kaarte hier.) Dit sal mooi lyk as jy dit omring met foto’s van verre plekke of aandenkings wat jy op jou reise bymekaargemaak het.

8 Groot idee vir klein mensies

[caption id="attachment_54724" align="alignnone" width="450"]Foto’s gespeld van etsy.com (left) en lifewiththeellwoods.com Foto’s gespeld van etsy.com (left) en lifewiththeellwoods.com[/caption]

Hang die alfabet in jou baba se kamer op – die letters lyk goed en sal later baie pret verskaf as jou kleinding die vorms begin herken.

Een van die voorstelle op Pinterest vir die voorkoms regs is heel oulik: Gee ’n alfabetletter vir elke gas by ’n ooievaarsparty (meer as een as jy minder as 26 mense het, of voeg leestekens by as daar meer mense is) en vra hulle om die letters vir die nuwe aankomeling se kamer te versier.

Lees die wenke hieronder vir die raam van letters.

9 Doen dit so

Hier is ’n paar nuttige tegnieke.

a) Verf of vernis SupaWood [caption id="attachment_54726" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van jessica-kindergartenteacher.blogspot.com Foto gespeld van jessica-kindergartenteacher.blogspot.com[/caption] Jy kan SupaWood-letters van verskillende groottes by ’n handwerkwinkel koop, of as jy handig is kan jy jou eie aftrek en met ’n figuursaag uitsny. Wend voorbereidingsverf aan as jy wil (’n goeie idee as jy ’n hele paar letters maak), en dan ’n laag of twee akrielverf in die kleur van jou keuse (te kry by handwerk- of ysterwarewinkels). Of gebruik sommer oorskietverf. Onthou om niegiftige verf vir kinderkamers te kies.

Voeg verfstrepe, kleurryke plakkers of Washi-lint by as jy wil. As jy strepe wil verf, moet jy eers die ligter kleur aanwend, dit droog laat word, stroke maskeerband opplak en dan die donkerder kleur opverf.

SupaWood lyk ook pragtig as dit getint of vernis is.

b) Trek letters oor met lap, papier of foto’s

[caption id="attachment_54717" align="alignnone" width="200"]Foto gespeld van idees.co.za Foto gespeld van idees.co.za[/caption]

Hier is uitstekende aanwysings as jy polistireen-letters met lap wil oortrek. Die tegniek werk ewe goed met toedraaipapier of papier-drukstukke van foto’s.

c) Raam letters

[caption id="attachment_54725" align="alignnone" width="250"]Foto gespeld van scrapbookphotos.blogspot.com Foto gespeld van scrapbookphotos.blogspot.com[/caption]

Bedek die agterblad van die raam met lap of plakboekpapier en plak die letter van jou keuse dan stewig daaraan vas.

d) Laat jou eie muurkuns maak

[caption id="attachment_54729" align="alignnone" width="200"]Foto gespeld van www.wallartstudios.co.za Foto gespeld van www.wallartstudios.co.za[/caption]

Enige letterontwerp kan in muurpapier of plakkers verander word deur een van verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye wat die diens bied. Soek na die beste opsie – google “custom wallpaper”, “custom wall stickers” of “custom wall decals”.

– Alfie Steyn

Volg Huisgenoot op Pinterest