Bathrooms main

Of jy nou jou badkamer opknap of net maklike maniere soek om die vertrek beter te laat werk – Pinterest is vol inspirasie. Hier is ’n paar van my gunsteling-idees.

1 Hope pakplek

[caption id="attachment_57282" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van Margreet de With Foto oorgespeld van Margreet de With [/caption]

Op hierdie foto is twee goed wat ek regtig in my droom-badkamer wil hê: ’n kas wat van die vloer tot die dak strek met baie pakplek PLUS meer as genoeg laaie en ekstra kassies onder die wasbak. Ek is mal oor die kombinasie van glasdeurtjies waaragter die lieflike linne gebêre word en soliede deure onder waar die minder mooi dinge kan kom wat ook in ’n badkamer moet lewe.

2 Verdeel en oorwin

[caption id="attachment_57280" align="alignnone" width="400"]Foto’s oorgespeld van smallspacestyle.blogspot.com (links) en hometalk.com Foto’s oorgespeld van smallspacestyle.blogspot.com (links) en hometalk.com[/caption]

Kyk hoe slim! Privaatheidsmuurtjies wat die toilet van die res van die badkamer skei kan ook diens doen as pakplek as dit van bord eerder as bakstene gebou word. Die een links het ’n kas wat na die badkamerdeel oopmaak waarin sjampoes, rome en ander smukgoed gebêre kan word. By die ander een is die bêreplek aan die toiletkant en vorm dit ’n praktiese tydskrifrak vir die kleinstekamertjie-biblioteek.

 3 Maklik om by te kom

[caption id="attachment_57283" align="alignnone" width="399"]Foto oorgespeld van stylisheve.com Foto oorgespeld van stylisheve.com[/caption]

Klein goedjies verdwyn so maklik in ’n badkamerkassie of staan anders die hele wasbak vol. Hierdie idee is afgekyk by kombuis-speserylaaie en is perfek vir al die klein dingetjies wat jy vir jou daaglikse badkamerroetine byderhand moet hê.

4 Vul die gaping

[caption id="attachment_57276" align="alignnone" width="400"]Foto’s oorgespeld van homedesignboard.com (links) and houzze.com Foto’s oorgespeld van homedesignboard.com (links)en houzze.com[/caption]

Daar’s dikwels ’n deel langs die punt van die bad wat nie groot genoeg is vir ’n toilet of wasbak nie, maar te klein is vir omtrent alles anders. Dit hoef nie gemors te word nie. Hier is twee maniere om die meeste uit so ’n nou ruimte te haal met pakplek wat van die vloer tot by die dak strek.

5 Daar’s plek daar bo

[caption id="attachment_57281" align="alignnone" width="600"]Foto oorgespeld van (links na regs) diyncrafts.com, carrie chou en marthastewart.com Foto oorgespeld van (links na regs) diyncrafts.com, carrie chou en marthastewart.com[/caption]

Pers nog ’n bietjie pakplek uit selfs die piepkleinste badkamer deur ’n rak bo die deur aan te bring.

6 Iets ouds . . .

[caption id="attachment_57279" align="alignnone" width="449"]Foto’s oorgespeld van pureandnoble.blogspot.com (links) en HGTV.com Foto’s oorgespeld van pureandnoble.blogspot.com (links) en HGTV.com[/caption]

Hierdie pragtige antieksjiek laaie is ingespan as bêreplek vir allerhande los goed. Die een links het pote gekry sodat jy dit maklik van die bad af kan bykom terwyl die twee regs – uit ’n ysterwarewinkel-kas en ’n ou naaldwerktafel – net so gelaat is met al hul oorspronklike ouwêreldse sjarme.

7 . . . en iets nuuts

[caption id="attachment_57278" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van ideafamilylive.com Foto oorgespeld van ideafamilylive.com[/caption]

Bou jy ’n nuwe badkamer of knap jy ’n oue op? Hier is ’n oulike manier om oop rakke deel van die ontwerp te maak. Gebruik mandjies of ander houers om dinge in te bêre wat jy nie uitgestal wil hê nie.

8 Vinnige regmakertjies

[caption id="attachment_57284" align="alignnone" width="400"]Foto’s oorgespeld van fabuloushomeblog.com (links) en polohouse.blogspot.com Foto’s oorgespeld van fabuloushomeblog.com (links) en polohouse.blogspot.com[/caption]

Kan jy nie presies die regte rak opspoor nie? Improviseer! Die twee speseryrakkies in die badkamer links hou lang, dun bottels regop. Regs lê ’n CD-rak van hout op sy sy om die toiletware netjies te hou.

– Alfie Steyn

Volg Huisgenoot op Pinterest