Ons blogger verlang na die kampvure van ouds en sien ook uit na Nasionale Braaidag aanstaande week – daarom het sy dié interessante vuurputidees op Pinterest bymekaargemaak. Gee aan die malvalekkers!

STEL jou voor: Julle het pas ’n heerlike braai-maaltyd weggewerk en nou sit jy agteroor op jou stoel en strek jou tone in die rigting van die warm kole. Die kinders braai malvalekkers en die sorge van die wêreld spoel van jou af. [caption id="attachment_52811" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van Lynette Dees Aangespeld van Lynette Dees[/caption] Uit ’n kookoogpunt kan jy nie stry teen die voordele van ’n moderne ingeboude braai met draaispit, roosterplaat, potjie-arm, louoond en bêreplek vir al die bykomstighede en brandstof nie. Maar daar bly tog geen beter manier om atmosfeer in die buitelug te skep as met ’n gesellige vuurput nie. 1 Die romanse van vuur [caption id="attachment_52802" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van Melissa M Aangespeld van Melissa M[/caption] ’n Vlammende houtvuur in ’n klip-vuurput soos dié een is dubbel voordelig: Die hoogte maak dit veiliger as daar kleingoed in die omgewing is, en die klip absorbeer baie van die hitte sodat dit steeds warmte uitstraal namate die vlamme wegsterf. (Kyk by no. 8 hieronder hoe om jou eie een te bou.) 2 Gee gas

[caption id="attachment_52805" align="alignnone" width="400"]Aangespeld van syam.co.za Aangespeld van syam.co.za[/caption]

Jy hoef nie soos ’n oermens langs jou vuurput te sit nie – daar is heelparty gasputte ook beskikbaar. Google “fire pits south africa” om een te vind. Hulle kan spesifiek volgens jou behoeftes en styl ontwerp word. Jy kan hulle nie vir braai gebruik nie, maar hulle skep ’n fantastiese atmosfeer en verskaf hitte as julle buite kuier. En jy hoef nie agterna van die as ontslae te raak nie! [caption id="attachment_52807" align="aligncenter" width="340"] Aangespeld van van fixshack.co.za Aangespeld van van fixshack.co.za[/caption] Wie het gesê jou vuurput moet rond wees? Dié vierkantige een wat in die grond ingebou is (’n plaaslike ontwerp) maak ’n stylvolle stelling op die stoep. 3 Sit gerus

[caption id="attachment_52800" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van bhg.com Aangespeld van bhg.com[/caption]

Ek kan my eindelose kuiersessies in hierdie tuinhoekie voorstel! Ingeboude banke is ’n seëning want dit verweer nie en hoef nie buitentoe gepiekel te word wanneer jy dit nodig het nie. Maak net seker jy het genoeg kussing om die koue van jou lyf af te hou. [caption id="attachment_52801" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van millerlandscapeinc.com Aangespeld van millerlandscapeinc.com[/caption] ’n Meer vierkantige vuuput van klip wat by die plaveistene pas val ewe sag op die oog – en jy kan lang bankkussings neersit om dit geriefliker te maak. 5 Al in die rondte [caption id="attachment_52803" align="alignnone" width="400"]Aangespeld van Kimberly Whitty Aangespeld van Kimberly Whitty[/caption] Ek is gek oor  hierdie geïntegreerde buitelugdeel met die ronding in die houtdek wat so pragtig by die klipplaveisel om die vuurput pas. Die sitplekke met hul hoë rug aan die een kant en die huis aan die ander skep beskerming teen die wind. Slim ontwerp. 6 Bymekaargeskaar

[caption id="attachment_52809" align="alignnone" width="599"]Aangespeld van hgtv.com (links) en Cathryn Morgan Aangespeld van hgtv.com (links) en Cathryn Morgan[/caption]

Die ontwerp van die skottels in hierdie twee foto’s is eenvoudig en doeltreffend. Die vorm gelei hitte goed en die hele ding is draagbaar sodat jy jou vuurput kan skuif afhangende van die weer en die geleentheid. [caption id="attachment_52808" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van earthfire.co.za Aangespeld van earthfire.co.za[/caption] Nog ’n draagbare ontwerp met ’n mooi vorm. Dis ook in SA beskikbaar.  7 Vuurput vir twee [caption id="attachment_52810" align="alignnone" width="300"]Aangespeld van Greg Avila Aangespeld van Greg Avila[/caption] Hier’s ’n bewys dat jy nie groot en oordadig hoef te wees nie. Dié mini-weergawe is perfek vir ’n beginnershuis of as jy afskaal, soos hulle in eiendomsadvertensies sê. 8 Bou jou eie

As jy jou eie vuurput bou, moet jy ’n paar basiese dinge reg doen. Jy moet byvoorbeeld seker maak daar is ventilasie aan die onderkant, anders gaan jou vuur nie trek nie. Jy moet ook die put skoon kan maak – as jy nie ’n voering het wat jy kan uittel nie, kan jy op die basis dreinering skep sodat jy alles sommer met ’n tuinslang kan skoon spuit. Die materiaal wat jy gebruik moet hitte kan weerstaan en rivierklippe is dus nie gepas nie omdat hulle kan ontplof. Ek het hierdie aanwysings maklik genoeg gevind vir mense wat bedrewe selfdoeners is. Stuur my jou foto's!

Het jy ’nvuurput in jou tuin? Stuur vir my ’n foto by asteyn@media24.com sodat ons dit met ons aanlyn-gemeenskap kan deel.

- Alfie Steyn

Volg Huisgenoot op Pinterest

Kyk na Alfie se ander Pinterest-gunstelinge:

18 slim planne met swartbordverf

7 inspirerende stoepe

10 dinge wat jy met Washi-lint kan doen

12 maniere om vetplante uit te stal

8 idees vir jou eie prentegalery

6 pragtig gedekte tafels

10 planne met ou kaarte

5 planne met ou koffers

5 idees vir werkhoekies

Hoe lyk dit met cilantro? Of arugula?

5 blink planne op Pinterest: trosligte

Inspirasie van Pinterest vir ’n gesonder jy