As daar een bestanddeel van die Amerikaanse leefstyl is wat ons gerus maar kan oorneem, is dit die stoep-swaaibank – dis die volmaakte plek om te gesels, te lees of net te dagdroom. Ons blogger het vandeesweek heelparty lieflike weergawes op Pinterest raakgeloop. [caption id="attachment_58032" align="alignnone" width="600"]  Foto oorgespeld van Aimee Hembree
Foto oorgespeld van Aimee Hembree[/caption] Die TV-reeks Revenge is dalk vol donker dade, maar ek is eenvoudig mal oor daardie swaaibank op die groot stoep van Emily/Amanda se huisie by die see. Ek kan dit wel veel beter as sy  benut – sy is so besig met haar onderduimse plannetjies dat sy nooit tyd het om dit regtig te geniet nie. (As jy ook ’n Revenge-aanhanger is, onthou seisoen 3 begin op 28 November!) Onder die groot ou eik [caption id="attachment_58027" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van Patti Carlile Foto oorgespeld van Patti Carlile[/caption] Lyk dit nie eenvoudig só aanloklik nie? Daar is egter iets met hierdie foto verkeerd – in die regte wêreld het daardie hond hom lankal vinniger as wat jy kan sê “spring” bo-op die bank tuisgemaak. G’n boom? G’n probleem! [caption id="attachment_58023" align="alignnone" width="400"]Oorgespeld van terraceliving.co.za Oorgespeld van terraceliving.co.za[/caption] Hierdie swaaibank met die pragtige naam Daydreamer is een van die handjievol swaaibanke wat in SA verkrygbaar is. Hy het sy eie skadukap en is te koop by Terrace Living. Speel onder ’n prieel [caption id="attachment_58030" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van fbcdn-sphotos-d-a.akamaihd.net Foto oorgespeld van fbcdn-sphotos-d-a.akamaihd.net[/caption] Tegelyk ’n swaaibank en ’n somerse tuinhoekie. Lieflik! Dis mos die lewe! [caption id="attachment_58022" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van Tasha Harris Foto oorgespeld van Tasha Harris[/caption] Ek is gek oor alles in hierdie stoepkamer – die gul swaaibank, die oorvloed Franse deure wat vars lug binnelaat, die sagte blou en groen somerskakerings en die houtdek.  ’n Droomhoekie vir romanse [caption id="attachment_58024" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van dishfunctionaldesigns.blogspot.co.uk Foto oorgespeld van dishfunctionaldesigns.blogspot.co.uk[/caption] ’n Eenvoudige swaai kry hope styl met die toevoeging van ’n elegante kandelaar wat uit die boom hang. Die perfekte plek vir ’n spesiale maanlig-oomblik. Bly by my [caption id="attachment_58031" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van Taylor McCarthy Foto oorgespeld van Taylor McCarthy[/caption] Tweeling-swaaie beteken jy hoef nooit alleen te ontspan nie. Styl wat hou

[caption id="attachment_58033" align="alignnone" width="600"]Foto oorgespeld van fishpond.co.za Foto oorgespeld van fishpond.co.za[/caption] Op soek na ’n klassieke ontwerp wat van duursame hout gemaak is? Hierdie pragtige sederhout-stoepswaaie word deur fishpond.co.za ingevoer. ’n Mens mag maar droom, nè?

[caption id="attachment_58028" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van skylineempire.com Foto oorgespeld van skylineempire.com[/caption]

My ideale weergawe van hierdie salige bederfbank is groot genoeg dat ek heeltemal uitgestrek daarop kan lê. En natuurlik sal dit vergesel word van ’n uitsig op die strand en die see. En miskien iemand wat elke nou en dan lang, koel drankies aandra.

– Alfie Steyn

Alfie Alfie Steyn is Huisgenoot en YOU se produksieredakteur en ook ’n geesdriftige selfdoener. Sy is verantwoordelik vir Huisgenoot en YOU se dekor- en selfdoeninskrywings op die sosiale netwerktuiste Pinterest.

Volg Huisgenoot op Pinterest