Moenie daai ou stoel of laaikas uitgooi nie – gee hom  pragtige nuwe lewe met verf, découpage, lap, muurplakkers of wat ook al! Ons blogger het vandeesweek weer heerlike idees op Pinterest gevind.

Upcycle main3 ’n Klein bietjie spierkrag en ’n hele spul kreatiwiteit is al wat jy nodig het om die ou meubels in jou huis in opwindende en interessante stukke te transformeer. Put inspirasie uit hierdie oulike projekte wat ek vandeesweek op Pinterest raakgeloop het. 1 Verf my verleidelik [caption id="attachment_55549" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van reposhture.blogspot.com Foto oorgespeld van reposhture.blogspot.com[/caption] Die blogger en talentvolle meubelopknapper Kim van Ohio in Amerika het ’n tegniek gebruik wat as omgekeerde sjabloonwerk bekendstaan. Sy het ’n viniel-muurversiering uitgesny en dit op die donker hout geplak, met ’n lieflike ligblou bo-oor geverf  en toe die plakkers afgetrek om die patroon van donker hout te ontbloot. Van die detail van die meubelstuk is daarna met verglansing uitgelig. Kry haar aanwysings hier. 2 Kinderspeletjies

[caption id="attachment_55550" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van thecottagemarket.com Foto oorgespeld van thecottagemarket.com[/caption]

’n Ou TV-kas doen diens as  baba se eerste klerekas nadat dit met ’n paar lae verf opgekikker is en ’n reling en hake bygekry het. Ek is mal oor die vrolike kleur wat die kolletjies-muurpapier eggo.

3 Bloemen mooi

[caption id="attachment_55553" align="alignnone" width="427"]Foto gespeld van justinablakeney.com Foto oorgespeld van justinablakeney.com[/caption]

Dié klein kassie het beter dae gesien – maar nie beter as sedert hy opgeknap is nie! Lap is aan die buitekant van die kas en deure vasgegom en meubelspykers is ingedruk om dit op die hoeke  sterker te maak.

4 Stapels elegansie

[caption id="attachment_55557" align="alignnone" width="250"]Foto oorgespeld van gorenopins.com Foto oorgespeld van gorenopins.com[/caption]

’n Boekrak bo-op ’n koffietafel, albei in room geverf, skep ’n pragtige fokuspunt vir ’n ingang of sitkamer.

5 Groter is beter

[caption id="attachment_55554" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van digthisdesign.net Foto oorgespeld van digthisdesign.net[/caption]

Plak materiaal met ’n oorgroot ontwerp, ’n groot plakkaat, muurpapier of ’n muurplakker voor op die laaie, voeg deursigtige knoppe en koffietafelpote by en siedaar – ’n doodgewone laaikas word ’n kunswerk.

6 Op ’n streep

[caption id="attachment_55555" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van  revivedfurniture.com  Foto oorgespeld van revivedfurniture.com[/caption]

Nog lieflike inspirasie van verfvoorbeeldstrokies (onthou jy die ombre-laaie in verlede week se blog?). Kies jou gunsteling-verfvoorbeeldstrokie (die papierstrokies waarop die verskillende skakerings van kleure verskyn) en vra jou ysterwarewinkel of verfspesialis om verf in elke skakering aan te maak. Verf die meubelstuk wit, plak maskeerband op die plekke wat jy wit wil hou, en verf dan die kleurstroke. Trek die maskeerband versigtig af en rond af waar nodig met ’n klein kunstenaarskwassie.

7 Country-ster

[caption id="attachment_55552" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van www.squidoo.com Foto oorgespeld van www.squidoo.com[/caption]

’n Ou stoel, ’n foto van Johnny Cash en ’n stuk bladmusiek van hom wat van die internet afgelaai is, was die basis vir die blogger marina123 se découpage-projek. Kry haar aanwysings hier.

8 Vrolik en helder

[caption id="attachment_55551" align="alignnone" width="250"]Foto oorgespeld van gypsylovecafe.com Foto oorgespeld van gypsylovecafe.com[/caption]

Gryp ’n ou kombuisstoel en laat jou kreatiwiteit hoogty vier. Dié wonderlike voorbeeld kombineer blomme, vrugte, woorde en vorms in ’n vlaag van vrolike kleur. Die tosseltjies onderaan die sitplek sorg vir prettige afronding. Gebruik die découpage-aanwysings vir die Johnny Cash-stoel hierbo vir dié projek ook.

9 Doodmaklike pastelle

[caption id="attachment_55556" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van restyledvintage.com Foto oorgespeld van restyledvintage.com[/caption]

So eenvoudig. So lieflik.

10 Moenie mors nie

[caption id="attachment_55559" align="alignnone" width="250"]Foto oorgespeld vanhome-styling.blogspot.com Foto oorgespeld vanhome-styling.blogspot.com[/caption]

’n Kannetjie spuitverf verander ’n draadvullisdrom in ’n sytafeltjie vir die stoep of gesinskamer.

- Alfie Steyn

Volg Huisgenoot op Pinterest