Onderlaag

  1. ‘‘Die grootste fout wat ouer vroue maak, is om te veel onderlaag te dra,’’ sê die grimeerkunstenaar Algria Ferreira.

    STEL DIT REG Vermy aangepakte, dik onderlaag deur bevogtiger aan te wend voor jy jou onderlaag aanwend. Kies ’n onderlaag wat die regte tekstuur vir jou vel het.

  2. ‘‘Te veel poeier beklemtoon plooie,’’ sê die grimeerkunstenaar Rose Bruins.

    STEL DIT REG Tik fyn, deursigtige poeier liggies oor jou vel om die grimering te verseël en gebruik dan gesig-kladpapier vir opknap deur die dag.

  3. “Baie vroue gebruik onderlaag wat te donker is om hulle te laat sonbruin lyk,’’ sê die grimeerkunstenaar Liz Kaplan.

    STEL DIT REG Toets die kleur aan die kant van jou gesig wanneer jy nie grimering dra nie. Die kleur moet amper verdwyn.

Ooggrimering

  1. ‘‘Helder-blink, mat skadu’s lyk skel en beklemtoon plooie,’’ sê Rose.

    STEL DIT REG Hou by gedempte, mat skadu’s.

  2. ‘‘Wenkbroue wat te donker is, laat jou baie ouer lyk,’’ sê Algria.

    STEL DIT REG Die kleur moenie meer as twee skakerings donkerder as jou wenkbroue wees nie

  3. ‘‘Soliede, ingekleurde wenkbroue laat jou dadelik ouer lyk,’’ sê Liz.

    STEL DIT REG Gebruik wenkbroupoeiers of mat oogskadu in ’n skakering wat by jou wenkbroue pas.

Blosser

  1. ‘‘Streperige, sigbare blosserlyne aan jou wange lyk oudmodies,’’ sê Algria.

    STEL DIT REG Gebruik ’n groot blosserkwas om jou blosser mee aan te wend en te vermeng.

  2. "Brons blossers lyk dood en vuil,’’ sê Rose.

    STEL DIT REG Kies sagte, perskekleurige of rosige, pienk blossers.

Lipstiffie

  1. ‘‘Warm, glansende lipstiffie vloei in plooie in,’’ sê Rose.

    STEL DIT REG Kleur die hele lipgedeelte met ’n lippotlood in en wend dan ’n lipstiffie met ’n satynglans aan.

  2. ‘‘Sigbare lipomlyner by ’n pêrelagtige lipstiffie laat jou regtig oud lyk,’’ sê Algria.

    STEL DIT REG Gebruik ’n lippotlood in ’n skakering wat by jou lipstiffie pas.