Laat jou inspireer deur hierdie lieflike Kerskranse wat ons blogger op Pinterest raakgeloop het en maak  jou eie, of laat die kinders dit prakseer op een van daardie ma-wat-kan-ons-doeeeen-vakansiedae. Wreaths main OF JY nou immergroen plante inspan om Christus se geskenk van ewige lewe te simboliseer en of jy jou krans vol helder balletjies tooi om die feesseisoen te vier – hier is besonderse voorbeelde van lieflike Kerskranse om jou verbeelding aan die gang te kry. Ons vertel ook hoe jy plaaslike plante kan inspan om jou krans ’n Suid-Afrikaanse kleurtjie te gee.  Lewende legende

[caption id="attachment_60911" align="aligncenter" width="300"]Green foliage Foto oorgespeld van christmasfarms.com[/caption] Hierdie pragtig Kerskrans met steekpalm-, lourier- en bloekomblare kan maklik gemaak word met lower van Suid-Afrikaanse bladhoudende bome en struike. Maak een van blare wat goed uitdroog of skep ’n vars een as ’n Kersete-tafelversiering met baie groen en ’n oase (harde groen skuim). Hou die krans vars deur die oase vooraf ’n paar uur in water te week en rangskik dan die blare en takkies daarop. Gebruik blomspelde of blomdraad om blaartjies vas te maak wat nie stewig genoeg is om in die oase gesteek te word nie. Voeg ’n lekker vet kers in die middel by, of rangskik ’n paar elegante dunnes in die oase. Wenk Pak die lower reg rondom in dieselfde rigting om die steeltjies te verbloem. Pak dit dig teen mekaar sodat dit weelderig lyk. Dis veral belangrik as jy die krans mettertyd gaan laat droog word omdat die blare gaan krimp en jy nie lelike gate wil hê nie.  Vir die kleinspan [caption id="attachment_60914" align="aligncenter" width="450"]Foto oorgespeld van goodshomedesign.com Foto oorgespeld van goodshomedesign.com[/caption] Hierdie prettige Kerskrans is maklik en kinders van alle ouderdomme kan daarmee help. Al wat jy nodig het is karton, ’n gestrikte lus om dit aan te hang, Kersboomstringe, stokkielekkers en ’n versiering of twee. Prakseer dit dan soos in die foto’s hierbo. Jy kan die ontwerp na hartelus aanpas deur lekkergoed in papiertjies van verskillende kleure te gebruik en enige wye, wollerige Kersstringe en Kersornamente van jou keuse.  Vrolik en feestelik Baubles comboKies ’n kleurskema, laat waai met hope balletjies in verskillende groottes, ’n polistireenring (kry dit by handwerkwinkels) en ’n gomgeweer, en prakseer ’n krans wat so helder en blink is soos ’n kind se ogies op Kersoggend. Klik hier om maklike aanwysings te kry. Simbole van vrede [caption id="attachment_60908" align="aligncenter" width="300"]Foto oorgespeld van mellow_stuff via flickr.com Foto oorgespeld van mellow_stuff via flickr.com[/caption] Dié krans met sy flonkerende voëltjies vier die vredesboodskap van Kersfees en is een van my gunstelinge. Die bondels wit wollerige balletjies bestaan uit gedroogde blomkoppe van die brunia-plant, wat talle inheemse weergawes het. Plaaslike alternatiewe vir die denneboomtakke en -keëls is brunia-takke en die keëls van leucodendron-bosse (familie van proteas). Wilde lotjie [caption id="attachment_60910" align="alignnone" width="300"]Foto’s oorgespeld van moonlightrainbow, tumblr.com Foto’s oorgespeld van moonlightrainbow, tumblr.com[/caption] Maak ’n local-is-lekker-weergawe van hierdie eenvoudige mooi krans met inheemse lower – opsies sluit in kooigoed-lower (Helichrysum petiolare). Soos hierbo kan jy ook gedroogde brunia-blomme pleks van bessies beproef. Klassiek met ’n kinkel [caption id="attachment_60915" align="aligncenter" width="300"]Foto oorgespeld van etsy.com Foto oorgespeld van etsy.com[/caption] Ek is gek oor die gevoel van vryheid in hierdie krans met sy verwaaide takke. Aap dit na met balata- of kasuaris-takke en gedroogde, gekleurde leucodendron-keëls of kunsmatige bessieruikertjies (kry dit by handwerk- of tuinplekke). Of maak ’n goue weergawe met lang, gedroogde grasse en ’n verskeidenheid gedroogde en ongekleurde saadpeule. Ewige styl [caption id="attachment_60909" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van summerfielddesign.wordpress.com Foto oorgespeld van summerfielddesign.wordpress.com[/caption] Maak ’n krans wat hou en spog jaar ná jaar met jou styl. Dié een is van balsahoutblomme gemaak, maar dit kan ewe pragtig wees as jy kunsblomme gebruik wat van droë  mielieblare of papier gemaak is, of enigeen van die groot verskeidenheid droë blomme wat in SA beskikbaar is. Kransies by dosyne

[caption id="attachment_60914" align="alignnone" width="450"]Foto oorgespeld van goodshomedesign.coFoto’s oorgespeld van mellywoodsmansion.com (links) en Jean Weir Foto oorgespeld van goodshomedesign.com[/caption]

Hierdie mini-kransies wat van hout-gordyneringe gemaak is, is maklik en nog ’n handwerkprojek wat die kinders in die vakansie kan aanpak. Draai net lint of materiaalrepe om elke ring, gom ’n strikkie, ster of ander versierinkie vas en knoop ’n lus aan die ringetjie vas. Hang dit aan die Kersboom, onder die kaggelrak of agteraan elke gas se stoel aan die feestafel. Jy kan dit selfs as servetringe inspan wat almal agterna huis toe kan neem as ’n aandenking van jou Kersmaal.

- Alfie

Alfie Alfie Steyn is Huisgenoot en YOU se produksieredakteur en ook ’n geesdriftige selfdoener. Sy is verantwoordelik vir Huisgenoot en YOU se dekor- en selfdoeninskrywings op die sosiale netwerktuiste Pinterest.

Volg Huisgenoot op Pinterest

– Alfie Steyn