Bekommer jy jou oor jou gesin se veiligheid oor die vakansie?

“Wanneer jy vertrek, moet jy slim dink en veilig bestuur. Hou dié wenke in gedagte voor jy die pad vat,” sê Gavin Robinson, ADT Security se gemeenskapsontwikkelingsbestuurder. Dit gaan jou teen ongelukke sowel as misdadigers beskerm.

Volg dié wenke sodat jy gemoedsrus kan hê.

DIE MOETS

  • Beplan jou roete en laat genoeg tyd om veilig by jou bestemming te kom.
  • Maak seker jou motor is sigbaar en padwaardig – maak seker jou kopligte werk en sit hulle aan wanneer jy bestuur.
  • Hou jou deure gesluit en vensters toe.
  • Hou die motors agter jou, voor jou en langs dop.
  • Ry na die naaste polisiekantoor as jy vermoed jy word agtervolg.
  • Maak seker daar is genoeg spasie tussen jou motor en die een voor jou wanneer jy stilhou. Dit keer dat jy ingehok word.
  • Trek ander bestuurders of voetgangers se aandag as jy vermoed jy is in gevaar. Druk die toeter, flits jou ligte, sit die gevaarligte aan of skree.
  • Wees bewus van mense wat jou motor by verkeersligte en stoptekens nader.
  • Oornag net by veilige plekke tydens lang ritte.

DIE MOENIES

  • Moenie by ’n ongelukstoneel stilhou nie, tensy jy seker is dit is eg. As jy stilhou, maak seker jy staan nie in die pad van aankomende verkeer nie; dit kan nog ’n ongeluk veroorsaak.
  • Moenie stilhou as ’n verbyganger beduie dat jy byvoorbeeld ’n pap band het nie. Hou by die naaste garage of ander veilige plek stil en gaan dit daar na.
  • Moet nooit jou enjin aan los of deur oop los wanneer jy uitklim om ’n hek of garage oop te maak nie.
  • Moenie vreemdelinge van jou reisplanne vertel nie.
  • Moenie rylopers of ander onbekende passasiers optel nie.

BY DIE HUIS

  • Ken die noodnommers vir wanneer jy hulp nodig het (dit geld ook vir wanneer jy op die pad is).
  • Maak seker iemand kollekteer jou pos wanneer jy weg van die huis af is.
  • Staak koerantaflewerings terwyl jy weg is.
  • Maak seker jou alarm werk voor jy vertrek.
  • Maak seker iemand het ’n duplikaat van jou huissleutels, en dat daardie persoon gekontak kan word.
  • Gebruik tydreëlaars vir jou ligte sodat dit nie bedags brand nie.

ctx0417_2725_eastercampaign_600x450_digitorial_huisegenoot