“Moschino-Barbie is so vurig!” sê die blondekopknapie in ’n advertensie vir die beperkte reeks Barbies wat vervaardig is vir die modehuis Moschino. Hy verskyn saam met twee meisies in ’n bemarkingsvideo vir die nuwe Barbie-pop. Die beperkte hoeveelheid poppe is binne ’n uur uitverkoop. Aan die einde van die advertensie lui Barbie se selfoon, waarna die seun dit teen haar oor hou. In die video drapeer hy ook ’n klein swart handsakkie sorgvuldig oor haar arm.
Genderkenners en die publiek het die modehuis en speelgoedvervaardiger Mattel geprys vir die besluit om meer inklusief te wees en nie aan tradisionele geslagsrolle te klou nie. Jeremy Scott, skeppende hoof van Moschino en die een wat verantwoordelik was vir Barbie se uitrustings, is boonop ook ’n man.

Kyk die video hier:

Bronne: yahoo.com, buzzfeed.com, youtube.com