Wat is een van die algemeenste newe-effekte van swangerskap? Jy dink waarskynlik aan oggendnaarheid aangesien sowat 75 persent van verwagtende mammas na raming dit ervaar.

Maar wat as jy naar voel as jy wakker skrik al is jy nie swanger nie? Daar kan ’n aantal redes hiervoor wees, waaronder hormonale wanbalans, stres en depressie, sê dr. Brian Morton, voorsitter van die Australiese mediese vereniging se raad van algemene praktyk.

Of jy ’n oggend- of aandmens is, kan ook ’n impak hê omdat jou hormone so iets bepaal.  As die liggaam nie die hormone kan vrystel soos dit op sekere tye van die dag moet nie, soos adrenalien soggens, kan jy naarheid ervaar. Brian sê almal se biologiese klok verskil en onder vroue met maandelikse hormoonveranderinge, kan dit ook op ’n weekliks basis wissel.

Refluks – wat veroorsaak word wanneer suur in die keel opbeweeg omdat iets dit in die maag agterhou – kan ook een van die redes wees hoekom jy sleg voel as jy wakker word.

“Jy het dalk ’n bitter smaak in die mond of pyn in die laer deel van die maag,” het Brian aan Daily Mail Australia gesê. “Vir sommige mense werk dit om die kop te lig sodat jou kop hoër as jou voete is.”

Dit kan ook help om gereeld te eet, en ook om te verseker jy eet nie iets te swaar voor jy gaan slaap nie.

Selfs dinge soos angstigheid, depressie en stres kan jou naar laat voel wanneer jy wakker skrik. Dit gebeur gewoonlik omdat jy dink aan die dag wat voorlê en wat dit gaan behels, wat beteken dit kan ’n deel van jou daaglikse lewe wees wat jou ellende veroorsaak. Probeer dink aan wat jou bekommer en takel dit, of dit ’n probleem by die werk of ’n persoonlike kwessie is. Dit kan jou dinge help uitpluis om met ’n berader of selfs jou dokter te gesels.

Dié dinge kan alles oggendnaardheid veroorsaak, en jy hoef nie onnodig te ly nie. Teensuurtabeltte kan help as jy sukkel met refluks en as jy oor die algemeen soggens sukkel, is dit ’n goeie stap in die regte rigting om te verseker jy kry genoeg slaap.

© Cover Media