Bel ’n gifhulplyn as jy vermoed iemand het gif ingekry, sê Carine Marks, hoof van die Tygerberggifinligtingsentrum.

“Dié hulplyne het die hele tyd mense aan diens wat kan raad gee.”

  • Dit word nie aanbeveel dat jy hom laat braak nie. In geval van aspirien, motgifballetjies, rottegif en parasetamol kan jy braking aanmoedig mits die gifstof minder as ’n uur tevore gesluk is, maar bel eers die gifhulplyn.
  • As die gifstof kontak met die vel gemaak het, kan jy dit met seep en water afwas en as dit in sy oë is, kan jy dit 20 minute lank met water uitspoel. Iemand wat ’n battery insluk, kan siek raak as dit in sy slukderm vassteek en die omliggende weefsel begin brand.
  • Carine sê gevaartekens sluit in koors, kinders wat nie wil eet nie en bloed in die braaksel. “Moenie jou kind laat braak of geaktiveerde houtskool gee nie,” waarsku sy. Laat ’n dokter X-strale neem om te kyk of die battery iewers vassit.

Nuttige nommers:

Landwye gifinligtingsentrum: 0861-555-777

Netcare 911 se noodlyn: 082-911

Staatsambulanse: 10177

ER24 se noodlyn: 084-124