Vra maar die Britse aanbieder van Strictly Come Dancing, Claudia Winkelman, wie se dogter se Halloween-kostuum verlede jaar aan die brand geslaan en die agtjarige Matilda met ernstige brandwonde gelaat het. Matilda en haar vriende het gespeel toe sy te naby ’n oop vlam gekom en haar rok aan die brand geslaan het.

Nou vra verbruikerswaghonde ouers om ekstra versigtig te wees wanneer hulle kinders se kostuums kies en om seker te maak hul kindes bly weg van vure af.

Volg dié wenke as jy vir jou kind ’n kostuum kies:

  • Hoe dunner en hoe meer plooitjies die materiaal het, hoe makliker sal dit brand omdat dit meer suurstof kry.
  • Rokke van dikker materiaal sal stadiger brand en minder, maar nog steeds beduidende skade, aanrig.
  • As ’n kind se kostuum van verskillende materiaal gemaak is, kan dit teen verskillende tempos brand en dit kan die vlamme aanvuur.
  • Wees op die uitkyk vir dié woorde op etikette, wat kan beteken klere kan maklik aan die brand raak: Katoen of ’n mengsel van katoen en poliëster, kunssy en akriel.
  • Wees versigtig vir kostuums of uitrustings met golwende, lang, vloeiende aanhegsels, skouermantels of moue omdat dit per ongeluk met vlamme in kontak kan kom.
  • Leer jou kind om ’n veilig afstand vanaf oop vure, sigarette of enigiets vlambaar te handhaaf.
  • Natuurlike stowwe soos wol en sy is veiliger omdat dit moeiliker is om aan te brand te kry en die vlam gaan van nature makliker dood as met kunsmatige materiale.

Bronne: Mirror UK, www.productsafety.gov.au, www.blog4safety.com,