Maar die ma van ’n agtjarige seuntjie van Colorado, Amerika, het ’n nagmerrie beleef toe sy uitvind haar seun het nie net ’n kondoom op die speelgrond opgetel nie, maar dit boonop in sy mond gesit.
Toetse vir MIV, Hepatitis C, Herpes en Gonorrhea en Chlamydia word op hom gedoen.

Volgens 7News het ’n onderwyseres die seuntjie gevind met die kondoom in sy mond. Hy het skynbaar gedink dis ’n ballon en dit probeer opblaas. Maar die ergste is dat dit in alle waarskynlikheid ’n gebruikte kondoom was.

Sy het die seun se mond by die skool uitgewas en sy ma Alicia dringend na die skool ontbied. Die seun is vir mediese toetse geneem.

Sy bloed moet nou vir die volgende jaar gereeld vir seksueel oordraagbare siektes getoets word en sy ma vrees dat hy ’n siekte kan opdoen wat sy lewe vir ewig kan verander.

Toetse vir MIV, Hepatitis C, Herpes en Gonorrhea en Chlamydia word op hom gedoen.

Sy ma neem die skool kwalik omdat hulle nie vir sy mediese onkostes wil betaal nie.

Wenke: Wat om te doen as jou kind iets gevaarliks in sy mond sit.

  • Ondersoek jou kind se mond en spoel dit met water uit.
  • Moenie die voorwerp weggooi nie. Neem dit saam na die dokter sodat dit getoets kan word indien nodig.
  • Neem jou kind dokter toe vir ’n ondersoek.
  • Neem jou kind dadelik weer dokter toe as jou kind daarna enige kommerwekkende simptome toon.

Bronne: Elite Daily, thedenverchannel.com