Duidelik het niemand vir Anderson (4), die blommemeisie op haar ma se troue, verduidelik sy moenie op haar ma se groot dag die kollig steel nie.

Dit gons op die internet oor die kostelike manier waarop die meisietjie Michelle en Anthony Palmer se troufoto bederf het deur onverwags ’n soen op die niksvermoedende ringdraertjie te plant.

“Ek het die hele gevolg laat regstaan vir ’n formele foto soos ek by elke troue maak en toe die bruid en bruidegom gevra om te soen,” vertel die troufotograaf Leah Bullard.

“Omdat Anderson haarself heeldag die bruid genoem het, het sy aangeneem ek verwys na haar en sy het toe ook ’n soentjie gesteel.”

Bronne: huffingtonpost.com, boredpanda.com