Wil jy graag apps in jou klas gebruik, maar sukkel om goeie Afrikaanse apps te kry? Hier is goeie nuus.

Dié vier apps is in Afrikaans beskikbaar en sal boonop jou sak pas. Voorskoolse Afrikaans Huistaal-leerders en Eerste Addisionele Taal-leerders sal beslis by die pret van dié apps baat.

Beveel dit sommer vir jou leerders se ouers ook aan – dalk raak huiswerk sommer vir hulle weer lekker!

First Afrikaans Words with Phonics

First Afrikaans Word with Phonics

’n Oulike app om leerders se leesvaardighede aan te help. Die hoofdoel is om kinders bewus te maak van verskillende klankgrepe en hoe om dit uit te spreek.

Kinders leer die alfabet, name van diere en kleure aan.

Gratis op Google Play en in die iTunes-winkel

Tap and Learn screen

Tap & Learn – Afrikaans

Met dié app leer kinders oor letters, syfers, vorms en kleure. Daar is verskeie temas waaruit kinders kan kies, onder meer visse en die oseaan, houtblokkies, bome en die natuur en vuur.

Binne elke tema kan kinders boonop kies hoe hulle wil leer: deur middel van klank, voorwerpe of ’n pret speletjie.

R21,50* in die iTunes-winkel.

Slimkop screen

Slimkop

Leerders kan met dié app onder meer hul uitspraak van Afrikaanse woorde oefen, oefeninge doen waar hulle maats bymekaar moet pas en woorde reg spel.

Die speletjies sal kinders tot sewejarige ouderdom ure lank kan besig hou.

R24,99 in die iTunes-winkel

Hangman in Afrikaans

Hangman in Afrikaans

Nou kan kinders dié klassieke woordspeletjie in Afrikaans speel. Raai bekende Afrikaanse sangers se naam of Afrikaanse uitdrukkings reg om die speletjie te wen.

Gratis in Google Play

*Prys bereken volgens wisselkoers op publikasiedatum