Verrassing, jy’s nou ’n ouma!

Hulle het toe op dieselfde dag wat hulle hul babadogterjtie, Ellie, gekry het by Sharon Bloomingdale se werkplek opgedaag om die jongste lid van die gesin aan haar voor te stel.

“Sy het glad nie verwag dat dit so vinnig sou gebeur nie,” sê Laura en voeg by hulle het net geweet hulle moes die kosbare oomblik op kamera vasvang.

En Sharon, wat vir die eerste keer ouma geword het, het nie teleurgestel nie. “Nadat ons klaar die video gemaak het, het sy in die kantoor rondgestap met Ellie en vir almal gesê: ‘Toe ek vanoggend werk toe gekom het, was ek nie ’n ouma nie en nou is ek een’.”

Kyk hieronder na die kosbare oomblik:

Bronne: huffingtonpost.com, distractify.com