Jou baba wil nie ophou huil nie al het jy seker gemaak dat hy droog is en genoeg gedrink het, en jy weet nie wat om te doen nie.

As jy jou in ’n soortgelyke situasie bevind, moet jy dalk hierdie video kyk wat soos ’n veldbrand versprei.

Daarin demonstreer die pediater Robert Hamilton ’n tegniek wat The Hold genoem word op twee babas en dit werk soos ’n droom.

Basies moet jy so maak:

1. Vou die baba se arms oor sy bors.

2. Hou sy arms sagkens vas.

3. Gryp die doekdeel vas.

4. Wieg teen ’n hoek van 45 grade.

“Ek skud sy boudjies so, ek wieg hom liggies. Alles wat jy doen, is baie sagkens. Jy moet nooit rukkerige bewegings maak nie. Hou die kind met die vlesige deel van jou hand vas, nie met jou vingerpunte nie. En ek ondersteun sy ken,” sê Robert.

Die video is al meer as 16 miljoen keer gekyk sedert dit op 29 November gelaai is.

Kyk hier na die volledige tegniek:

Bronne: cbsnews.com, youtube.com