Babas is regtig die gelukkigste mense ter wêreld.

Die baba se aansteeklike lag laat die ma ook giggel. Die pa word ook nie gespaar nie – ’n mens kan sien hoe die kamera skud terwyl hy hom agter die skerms verkneukel oor sy kind se pret.

Die video is ontsettend gewild op die internet en is binne drie dae 200 000 keer gekyk.

“Alles omtrent hierdie video is kostelik: die oulike babatjie, die uitdrukking op die ma se gesig elke keer dat sy lag en die pa wat agter die kamera saam giggel,” het ’n YouTube-gebruiker met die gebruikersnaam Tara Strong opgemerk.

“Hierdie kind gaan flou word van al die lag wanneer sy haar eerste bakkie Rice Crispies teëkom,” het Johnny Geetos, nog ’n aanlyngebruiker, geskerts.

Kyk die oulike video hieronder: