In die oulike video hier onder ontvan Alex Pring (7), van Florida in Amerika, sy robot-arm van die akteur Robert Downey jr., Vir hierdie spesiale geleentheid het die akteur soos Tony Stark, ook bekend as Iron Man, aangetrek.

Alex se nuwe prostetiese arm lyk net soos Iron Man s’n. Limbitless Solutions, ’n vrywilligersgroep wat deur Albert Manero gestig is, het die arm vervaardig. Albert het sy dokotorsgraadstudent in ingenieurswese aan die Universiteit van Sentraal-Florida verwerf.

Die groep gebruik 3D-druktegnologie om gratis bioniese arms vir kinders te maak.

Kyk die video hier:

BRONNE: fox2now.com, dailymail.co.uk