’n Pa van Kalifornië word wyd as ’n held bestempel vir sy byderwetse en oopkop reaksie toe sy seun Azai einste dit doen.

Die filmmaker Mikki Willis het ’n video op sy Facebook-blad gedeel waarin hy vertel toe sy seun van twee mense dieselfde verjaardaggeskenk kry, het hy hom na ’n speelgoedwinkel geneem sodat hy een van die geskenke vir iets anders kon verruil.

Azai het ’n Ariel-pop gekies.

Mikki het geweet so iets kan sommige ouers ontstel, maar hy en Azai was albei in hul noppies. Hy verklaar dan: “Ek laat my seun toe om sy eie keuses te maak. Ek belowe ek sal vir jou lief wees, ongeag watter lewe jy kies.”

Die video is binne drie dae byna 14 miljoen keer gekyk. Die reaksie daarop is uiteenlopend: sommige loof Mikki vir sy reaksie, terwyl ander voel dit ondermyn die samelewing om “verwarde” kinders groot te maak.

comment1

Ander het weer geskryf hoe hulle dieselfde met hul eie seuns beleef het.

comment2

Mikki het aan Buzzfeed News gesê hy het die video gemaak nadat sy seun in ’n restaurant skeef aangekyk is omdat hy sy Ariel-pop oral saamneem. “Jy kon die afguns op hul gesigte sien.”

Al wat hy hoop ander ouers deur die video sal leer, is om hul kinders toe te laat om hulself vrylik uit te druk. “Dit sal ’n gans ander wêreld wees as almal hul kinders net toegooi met liefde.”

Kyk hier na die oorspronklike video:

Bronne: Buzzfeed; Facebook