’n Rukkie voor sy seun se verjaardag het die Amerikaner Jeff Simmons ’n eksperiment uitgevoer: hy wou die kleuter leer hoe belangrik goeie maniere en dankbaarheid is.

Om te toets of hierdie lewenslesse insink, het Jeff besluit om sy seun ’n avokado vir sy verjaardag te gee.

In ’n kort video wat Jeff gemaak het van hoe sy seun sy geskenk gretig oopmaak, kan ’n mens sien die knapie is oorbluf, maar nietemin bedank hy sy pa luidkeels.

Jeff te toets of sy seun goeie maniere het, was dus beslis ’n sukses.

Bronne: vine.com, Daily Mail