"Kom uit baba Bas! Waar is jy, baba Bas!"

Die dierbare Elyanna kan nie verstaan hoekom haar baba boetie Sebastian nie uit haar mamma se maag wil kom nie, al smeek sy hoe hard.

In hierdie skattige video hamer Elyanna op haar ma, wat reeds veertig weke swanger is, se maag en gil-vra: "Kom uit baba Bas!"

Naderhand raak sy heel bekommerd: "Wat as hy nooit uitkom nie?" Haar ma speel ewe saam en vertel vir Elyanna haar boetie het nie ore nie.

Raadop besluit Elyanna sy sit nou haar voet neer: "Ek tel tot drie dan kom jy uit!"

Tevergeefs. Al vat sy skynbaar nie nee vir 'n antwoord nie, sal Elyanna nog 'n bietjie langer geduldig moet wag op Sebastian se koms.