En jy neem jou tyd om te kyk of jy nie tog wel genoeg moed bymekaar kan skraap om die groot sprong te neem nie.

In daardie angsgevulde oomblike is min dinge so aaklig as wanneer iemand jou onverhoeds ‘n stamp gee om jou ‘aan te help’.

Wel, in dié video gebeur dit juis. Die arme slagoffer is ’n jong meisietjie. Die skuldige: ’n selfs jonger seuntjie!

Duidelik was Boetman se geduld op ‘n einde van wag vir die meisietjie om moed bymekaar te skraap, toe besluit hy om haar aan te help. Op sy eie manier.

Net jammer die dogtertjie gaan nou seker nog banger vir die duikplank word as voorheen!

Bron: YouTube