Eers is daar die breë glimlag toe ’n ma vir haar baba vra of hy ’n liedjie wil hoor. Natuurlik Ma, hoekom vra jy nog?

Sodra sy met haar pragtige stem wegtrek en begin sing, wip die kleintjie se wenkbroue van verstomming. ’n Glimlaggie kruip oor sy gesig, maar dan verdwyn dit. Kort voor lank is dit trane en ’n baie, baie hartseer kleinding wat elke oomblik van die liedjie ongelooflik emosioneel ervaar.

Aan die einde stel sy hom gerus dat dit bloot net ’n liedjie is. Hy lyk egter nie heeltemal oortuig daarvan nie.