“Wanneer ek iemand sien, wil ek hê hulle moet glimlag.”

Die sesjarige Tiana het vele harte gesteel nadat haar ma, Cherry, die video gedeel waarop die meisie haar geskeide ouers vra om gaaf met mekaar te wees ná een van hulle rusies.

“Ek wil net hê ons moet almal vriende wees. En as ek kan gaaf wees, dink ek ons almal kan gaaf wees,” sê Tiana.

Die meisie, wat baie wys vir haar jare is, het ook haar ouers aangemoedig om “jul bes te probeer” om vriendelik met mekaar te wees.

“Ek wil hê jy, my pa, almal moet vriende wees. Ek wil hê almal moet glimlag. Nie kwaad wees nie. Wanneer ek iemand sien, wil ek hê hulle moet glimlag.”

“Ek wil nie hê jy en my pa moet weer deur nare mense vervang word nie.”

Kyk die roerende video onder:

Bronne: distractify.com, mirror.co.uk