Blaas, Boetman, blaas!

Dis tevergeefs.

Ashleigh Williamson het hierdie skattige video op YouTube gedeel van haar seuntjie. Sy skryf sy en haar man wou die kleinding se verjaarsdag vier voor haar man werk toe moes gaan, maar dat haar seun net nie daarin kon slaag om die kers op sy verjaarsdagkolwyntjie dood te blaas nie!

Selfs al wys sy pappa hom mooi wat om te doen, kom die jongman net nie die mas op nie. Tot sy pa vir hom 'n strooitjie gee en hy daarmee die kers suksesvol doodblaas.

Mooi so!

Kyk hier na die dierbare video: