Huil-huil, my storie is uit!

Maar o wee… as sy mamma by die einde van die storie kom, is dit beslis ’n perd van ’n ander kleur. Hy bars sommer luidkeels in trane uit!

Kyk net hierdie oulike video hieronder waar hy kiertsregop en aandagtig luister na die storie wat sy ma vir hom voorlees. Sodra sy die (kort) storie klaar vertel het en die boek wil wegbêre, bars baba in trane uit...net tot sy weer van voor af begin!

Ons hoop hy behou sy liefde vir boeke tot in sy oudag toe.