[caption id="attachment_58889" align="alignnone" width="611"]Mamma Peaches Geldof koester haar kleuter, Astala, en baba, Phaedra, in ’n foto op Instagram. Mamma Peaches Geldof koester haar kleuter, Astala, en baba, Phaedra, in ’n foto op Instagram.[/caption]

NIKS kan jou regtig voorberei op die geboorte van ’n baba nie, en selfs minder op die uitwerking wat daardie kosbare bondeltjie op jou huwelik gaan hê.

Ek het onlangs raakgelees dat Peaches Geldof se tweede baba die hele huishouding snags wakker hou. Op vyf maande oud pla klein Phaedra se gehuil sy 18 maande oue boetie Astala so dat ma en pa nou in aparte kamers slaap om seker te maak die baba hou nie sy ouboet snags wakker nie. Peaches, ’n Britse TV-aanbieder en dogter van die Ierse sanger en aktivis Bob Geldof, slaap by Phaedra, en haar man, die sanger Tom Cohen, slaap by Astala in die gastekamer.

[caption id="attachment_58890" align="alignnone" width="613"]Peaches het dié foto van haar, die kleingoed en haar man, Tom Cohen, op Instagram gelaai met die byskrif: “Gesin op ons nuwe rooi trekker! Trekker was nie Astala se eerste woord nie en uiteraard is hy dus behep daarmee! Ons het dit Ploppelwop gedoop.” Peaches het dié foto van haar, die kleingoed en haar man, Tom Cohen, op Instagram gelaai met die byskrif: “Gesin op ons nuwe rooi trekker! Trekker was nie Astala se eerste woord nie en uiteraard is hy dus behep daarmee! Ons het dit Ploppelwop gedoop.”[/caption]

Daar is iets gerusstellends aan hierdie toneeltjie: Selfs die sterre het babas wat hulle onkant vang. Dis baie algemeen dat ma en pa in verskillende kamers speel wanneer baba opdaag, veral as daar ’n behoeftige kleuter ook by die mengsel geroer is. Ma kan inderdaad uiteindelik in die pasgeborene se kamer beland en pa by die kleuter. Dis duidelik nie ideaal vir die huwelik nie en kan kwaai stres veroorsaak, want nou is daar twee uitgeputte ouers sonder die ekstra woema om hul maat ook spesiaal te laat voel. Een dinge wat jou sal help om perspektief te behou, is dat hierdie babadae ook verbygaan. Noudat ek oor 15 jaar kan terugkyk, kan ek jou beloof die pasgeborene-druk van musikale beddens flits in ’n oogwink verby. Babas en kleuters bly nie altyd so veeleisend nie. Dis belangrik dat jy in jou baba se behoeftes voorsien en partykeer kan dit kreatiewe ouerskap en beddens ruil nodig maak. MAAR dit hoef nie so te wees nie. Die meeste babas kan heeltemal gelukkig van vroeg af in hul eie kamer slaap. Dis nie sleg vir hul emosionele ontwikkeling nie en kan trouens sorg dat almal beter slaap. Uiteindelik is die besluit persoonlik.

Onthou: Die primêre verhouding in die huis is die huweliks-verhouding

Tweedens: Onthou dat die primêre verhouding in die huis die huweliksverhouding is. Of julle nou besluit om saam te slaap of nie, het jul huwelik aandag nodig – selfs in die vroeë dae. Stel die volgende voorop: Dat julle tyd saam sal deurbring, mekaar saans ’n bietjie sal vashou (selfs al is julle moeg) en dat jy na jou maat se gevoelens oor die “gesinsbed” gaan luister.

Die eerste veeleisende tye sal verbygaan, en dan wil julle hê jul huwelik moes die storm kon trotseer het. Om dit reg te kry, moet julle daaraan aandag skenk.

Die 24-jarige Peaches Geldof se stukkie goeie raad is dat julle ’n ondersteuningstelsel moet hê wat na die kinders kan omsien sodat jy en jou maat tyd saam kan deurbring.

Uiteindelik is een van die beste geskenke wat julle vir jul kind kan gee dat julle altyd saam sy of haar ouers sal wees, en dit verg werk.

– Meg Faure

Meg small Meg Faure is ’n arbeidsterapeut met ’n belangstelling in babas, veral die wat ekstra moeilik is of sukkel om te slaap.Sy is  medeskrywer van dié topverkopers:  Baby Sense, Sleep Sense,  Feeding Sense en Your Sensory Baby. Meg het ook ’n versameling Baby Sense-produkte ontwerp na aanleiding van die beginsels wat in haar boeke bespreek word.