Verlede jaar het ons die toekoms van 12 skole vir altyd verander. Ons het die helde onder ons land se onderwysers en hul skole beloon met iPadlaboratoriums, handboeke en opleiding wat die gehalte van hul opvoeding help verbeter het.

Nou gaan ons dit weer doen. As jy weet van iemand wat daagliks ’n verskil maak in die lewe van leerders, wil ons daarvan weet.

Wat opvoeders kan wen

  • ’n iPad-laboratorium met 20 iPad Mini’s en hul omhulsels, Wi-Fi-funksionaliteit en ’n 16 GB-geheue; ’n MacBook Air-skootrekenaar met oorfone, ’n projektor en ’n iTunes-begroting.
  • ’n iPad van iSchoolAfrica vir die onderwyser om in die klas en tuis te gebruik.
  • Opleiding geborg deur iSchoolAfrica vir onderwysers oor hoe om die iPads te gebruik.
  • Skole en onderwysers word deel van die iSchool-Africa iPad-gemeenskap sowel as die Oxford Focus-skoolprojek.
  • Handboeke, leesboeke, studiegidse en woordeboeke word ná ’n assessering deur Oxford University Press verskaf.

Hoe om ’n opvoeder te benoem

  • Enigiemand mag ’n onderwyser benoem. Die onderwyser of opvoeder (skoolhoofde kwalifiseer) mag van ’n hoër-, laer-, spesiale, privaat of openbare skool wees.
  • Sê in 300 woorde, met spesifieke voorbeelde, waarom die onderwyser verdien om te wen en iPads vir sy of haar skool moet kry.
  • E-pos die benoeming na Shane.Barnard@huisgenoot.co.za, pos dit na Huisgenoot-Kopskuif- onnies, Posbus 6492, Roggebaai 8012 of faks dit na 021-406-2937.
  • 1ste ronde: Inskrywings sluit 30 Junie 2014.

LOGOSvir web