Leerders en onnies landwyd sweet bloed met November se eksamen wat volstoom aan die gang is.

Dié tyd van die jaar is onnies dikwels net so gespanne soos hul leerders: pakke merkwerk, puntekontrole, beplanning vir volgende jaar se lesse en boonop toesighouding tydens die eksamen, staan als troon uit soos ’n berg voor die welverdiende somervakansie eindelik aanbreek.

Voor die eksamen:

  1. Maak seker leerders maak hul bank skoon voor hulle begin skryf.
  2. Leerders moet hul tas voor in die klas sit voor die eksamen begin.
  3. Neem selfone in en bêre dit op ’n veilige plek tot ná die eksamen.
  4. Net die nodigste skryfbehoeftes moet by leerders op hul lessenaar wees; geen potloodsakkie of -blikkies nie.
  5. Maak by elke leerders se bank seker daar is nie notas in byvoorbeeld die sakrekenaar weggesteek nie.

Tydens die eksamen:

  1. Leerders mag glad nie by mekaar skryfbehoeftes leen nie. As jy ekstra skryfpapier uitdeel, parafeer daarop met die datum.
  2. Vir laerskoolleerders werk afskortingsborde nogal lekker. As die borde omval, weet jy sommer die leerder was woelig!
  3. Loop die heeltyd tydens die eksamen tussen die banke deur, moenie op jou selfoon kyk of boek lees nie.
  4. Let op na leerders wat jou heeltyd dophou of gereeld met een spesifieke item op hul bank of aan hul klere vroetel.
  5. Laat die leerders op hul arms lê wanneer hul klaar geskryf is. Dit sal verhoed dat hulle rondkyk.

Shané Barnard