Wat moet jy eet vir ontbyt, wat moet jy aantrek of hoe moet jy ’n spesifieke e-pos beantwoord.

Het jy al ooit na WhatsApp-gesprekke tussen jou en iemand anders gekyk en elke woord probeer ontleed lank nadat die gesprek geëindig het?

Soek jy altyd die “verskuilde boodskappe” in gesprekke en situasies?

Wel, dan is jy ’n klassieke voorbeeld van iemand wat alles net ’n bietjie te veel oordink en ontleed.

Lees ook: Enkelma waarsku: Loop lig vir seksoortreders

Natuurlik is dit goed om oor sekere dinge na te dink en verskillende moontlikhede te oorweeg voor jy ’n besluit neem, maar kenners meen deur iets te veel te oordink kan jy jou probleme op die hals haal.

In studies is bevind wanneer jy te veel oor iets tob, word jou oordeelsvermoë waserig, jou produktiwiteit neem af, jy kan vinnig angstig word, spanning verhoog en jy word makliker swartgallig.

Maar dr. Kelly Neff, ’n sielkundige van die Amerikaanse deelstaat Colorado, sê daar is maniere om jou gedagtes vas te vang en te keer dat jy te veel oor goed nadink.

1. Erken jy het ’n probleem

As jy voel jy kan nie aan jou gedagtes ontsnap nie en jou denke keer dat jy besluite neem en gelukkige leef terwyl jy betekenisvolle verhoudings koester, het jy ’n probleem.

2. Vergewe jouself: Jou brein is eintlik gemaak om so te dink

Vergewe jouself dat jy oor goed tob, want jou brein is eintlik so saamgestel om dit te laat lyk (en voel) asof dit ’n natuurlike gewoonte is om alles deeglik te deurdink.

Lees ook: Jong Anakin Skywalker met geestesgesondheidsprobleme gediagnoseer

3. Haal asem

Sit rustig en haal asem wanneer jou gedagtes te veel raak. Dit sal jou laat ontspan en terugbring na die hede. Dit klink dalk te eenvoudig, maar wanneer jou gedagtes oorgehaal is om op hol te gaan, is daar ’n goeie kans dat jy irrasioneel sal begin dink en optree. Haal dan net vir 10 minute rustig asem tot jou gedagtes gekalmeer het.

4. Praat minder

Baie mense wat oor goed tob, kan nie anders as om heeltyd daaroor te praat nie. Al kan dit soms help om met iemand oor jou probleme te gesels, kan dit sake ook vererger, veral as die een met wie jy praat, self geneig is om te tob en julle dan die situasie saam ontleed. Jy voel dalk slegter ná die gesprek as vooraf.

5. Raak aktief

Wanneer jou gedagtes jou oorweldig, stap om die blok, speel met jou kinders of troeteldiere, werk in die tuin en wees doelbewus meer aktief.

Om iets anders te doen sal jou gou uit daardie gewoonte kry om oor situasies te tob.

6. Onthou: jou gedagtes skep jou werklikheid

Jou gedagtes skep eindelik jou werklikheid en beïnvloed jou gevoelens; kies dus jou gedagtes versigtig.

Bronne: themindunleashed.com; elitedaily.com; inc.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping