Lydia Ko

Lydia Ko

Lydia Ko (16) is ’n Nieu-Seelandse gholfspeler wat in Suid-Korea gebore is, en ’n paar LPGA-wenslae behaal het. Sy het vanjaar ’n beroepspeler geword en is reeds, ná net 23 toernooie, vyfde op die wêreldranglys vir vroue.

Nick D’Aloisio

Summly app inventor Nick D'Aloisio

Dié uitblinker-programmeerder het Summly, ’n nuuslees- en opsom-app, in Maart vir R300 miljoen aan Yahoo verkoop.

Missy Franklin

Missy Franklin

Die 18-jarige het ses goue medaljes op verlede jaar se Olimpiese Spele gewen en daarmee die vroueswemmer geword wat die meeste medaljes op ’n wêreldsportgeleentheid ingepalm het. Dit het haar ook die vyfde swemmer gemaak wat ses of meer goue medaljes op ’n Olimpiese of Wêreldspele wen.

Dante de Blasio

New York City Mayoral Candidate Bill De Blasio Holds Election Night Gathering

Bill de Blasio is dalk die aangewese burgemeester van New York, maar sy 16-jarige seun, Dante, is die stad se mode-ikon. Dante se bekende afro was al in ’n veldtog-advertensie, die inspirasie vir ’n artikel in New York Times se Style-afdeling, en het president Obama se oog gevang. “Dante het dieselfde haarstyl as wat ek in 1978 gehad het,” het hy gesê. “Hoewel ek moet erken my afro was nooit so mooi nie. Dit was ’n bietjie ongebalanseer.”

Ionut Budisteanu

Ionut Budisteanu

Dié 19-jarige wetenskaplike se ontwerp vir ’n bekostigbare motor wat homself bestuur, het in Mei die eerste plek behaal en R750 000 gewen op Intel se wêreldtentoonstelling vir wetenskap en ingenieurswese vir hoërskoolleerders. Dié prototipe bewys dis moontlik om selfbestuurmotors vir die menigte te vervaardig. Dit het net R40 000 gekos om te bou, vergeleke met Google se R750 000 vir ’n soortgelyke motor. Ionut, ’n student van Roemenië, het kunsmatige-intelligensietegnologie gebruik en ’n kamera op die motor monteer wat verkeersbane, sypaadjies, motors en selfs mense kan ken.

Maya van Wagenen

406285_300

Dié 15-jarige skrywer het bekend geraak vir haar dagboek oor outydse wenke uit die bekende selfhelpboek van die 1950’s, Betty Cornell’s Glamour Guide for Teens. Terwyl sy op ’n dorpie in Texas die sosiale kringe navigeer het, het sy gemymer oor voorskrifte, soos dat ’n dame altyd wit handskoene en pêrels moet dra. Dit het haar ’n waardevolle Penguin-boekkontrak besorg vir Popular: Vintage Wisdom for a Modern Geek. Asof dit nie indrukwekkend genoeg is nie, het DreamWorks verlede maand die regte vir die boek verkry. Dit maak die jong skrywer die jongste mens, akteurs uitgesluit, wat tot dusver ’n ooreenkoms met die rolprentateljee sluit.

Beth Reekles

Beth Reekles

Dié Walliese leerder was op soek na iets om te lees buiten stories oor vampiere en weerwolwe, toe sy besluit sy gaan self ’n roman vir tieners skryf. Sy was 15 toe sy The Kising Booth deur die verhaalwebtuiste Wattpad uitgereik het. Dit het meer as 19 miljoen kykslae gekry en die aandag getrek van Random House se kinderuitgewery in die Verenigde Koninkryk. Beth, nou 17, het ook ’n kontrak vir drie boeke met die Amerikaanse tak van Random House ondersteken.