'n Ma en stiefpa van Wyoming in Amerika kan agter tralies sit nadat hulle hul seun 'n les oor alkoholmisbruik wou leer, berig New York Daily News.

Paulette Richardson se seun is dood weens alkoholvergiftiging nadat sy ma en stiefpa hom in Julie vanjaar vir sowat twee ure lank laat alkohol gebruik het. Hy het volgens berigte onder meer wiskey en likeur gedrink waarna hy gaan slaap het. Volgens hofstukke sê Kendal Balls die afgelope drie jaar al vir sy ma en stiefpa hy wil alkohol gebruik en het sy ma en stiefpa gehoop die ervaring sit hom af en leer hom 'n les. Sy biologiese pa is na bewering 'n alkoholis en sy ouers het gehoop die drank maak hom siek en slaan sy nuuskierigheid hok.

Toe sy ouers om elf-uur die aand vir hom nag sê was hy na bewering piekfyn, maar toe sy stiefpa omstreeks vier-uur weer gaan kyk was hy bewusteloos en het hy kort daarna gesterf.

Sy ouers is van onvrywillige manslag aangekla en kan tot twintig jaar agter tralies sit as hulle skuldig bevind word.

Bronne: BuzzFeed, New York Daily News