Kan ’n mens ooit te veel bêreplek in jou babakamer hê?

Hoe groter jou baba word, hoe meer goed is daar wat in sy kamer gebêre moet word. Alles op sy plek is die sleutel tot ’n georganiseerde babakamer.

[post-slider]

  • ’n Skinkbord op wiele is nommerpas as jy nie ruimte vir vaste meubels het nie. Dit kan maklik in die kamer rondgestoot word en wanneer jy dit nie nodig het nie, kan jy dit opvou en bêre.
  • Oop boekrakke bied die ideale pakplek vir los goedjies en is terselfdertyd ’n goeie uitstalplek vir mooi goed. Mandjies op die rakke dien as wegsteekplek vir snuisterye en hou die kamer netjies. Die wit mandjies en speelgoed vertoon mooi teen die donker agtergrond van die rakke.
  • ’n Veeldoelige meubelstuk met rakke en hake lyk mooi in ’n klein meisietjie se kamer en vertoon haar speelgoed en mooiste rokkies en hoedens pragtig. Ou rottangmandjies is perfek vir die berging van komberse en groter speelgoed.

Deur Sam Scarborough

Meer oor Sam

Sam, self ’n ouer, skryf boeke oor kindervriendelike binneversiering en vervaardig kreatiewe produkte as inspirasie vir ma’s om kreatiewer te wees in hul gesin en tuiste. Sy het ’n binneversieringsmaatskappy vir kinders wat spesialiseer in die ontwerp van produkte vir kreatiewe speelruimtes en -idees vir kleingoed.

Vir nog oulike idees oor binneversiering vir kinders, besoek kidsdecor.co.za of facebook.com/kids/decor/designs