Katie Fehlinger is 35 weke swanger met tweelingdogtertjies en het aanhou werk, maar moes voortdurent aanhoor hoe ondraaglik sy op TV lyk.

Sy is onder meer "waglik" genoem en toegesnou dat sy soos 'n "styfgestopte worsie" lyk. Die amper-ma was so keelvol vir internetgebruikers se onsensitiewe opmerkings oor haar swanger lyf dat sy haar tot Facebook gewend het om stoom af te blaas en in die proses 'n hele beweging ter viering van swanger lywe laat ontstaan het.

Sy het 'n inskrywing op haar Facebook-blad gemaak, wat onder meer lees dat "alle ma's beeldskoon is" en dat sy nie omgee hoe "aaklig of onvanpas" kykers dink sy lyk nie, want sy glo om twee gesonde babadogtertjies in die wêreld in te bring is 'n enorme geskenk.

"Kom ons klink 'n glasie op rekmerke, opgeswelde voete, naarheid, donker kringe en ekstra kilo's" het sy geskerts. Sy het bygevoeg dat die sê-ding "As jy niks mooi het om te sê nie, jy eerder moet stilbly," die moeite werd is om te onthou.

“Diegene wat glo dit is ‘walglik’ moet onthou ’n vrou is deur dieselfde ding om jóú in die lewe te bring.”

fb post

Ander vroue het hul vinnig by Katie geskaar en ondersteunende boodskappe gedeel.

 

 

 

Bronne: Twitter, Facebook