Navorsers beweer dit kan die hoeveelheid testosteroon verlaag wat hul ongebore seuns produseer.
Daar is ontdek dat die gebruik van die pynstiller vir een dag geen verskil gemaak het nie, maar as dit vir ’n week gebruik word, maak dit wel ’n verskil.

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Edinburgh het vroue aangeraai om hulle streng by die huidige riglyne te hou as hulle die pynstiller wel gebruik. Hulle beveel aan dat jy die kleinste moontlike dosis vir die kortste moontlike tyd gebruik.

Die span het in eksperimente op muise ontdek daar was by knaagdiere wat drie dosisse van die medikasie daagliks vir ’n week gekry het, 45 persent minder testosteroon teenwoordig as by dié wat ’n plasebo ontvang het.

Dié navorsing is belangrik aangesien die hormoon op die lange duur noodsaaklik is vir mans. Dit word deur die testikels vervaardig en seuns wat nie aan genoeg daarvan in die baarmoeder blootgestel was nie, het ’n groter kans om onvrugbaar te wees en kanker van die testikels te ontwikkel wanneer hulle ouer word.

Weefsel van menslike testikels is tydens die eksperiment in die muise oorgeplant en daarna is verskillende hoeveelhede parasetamol aan hulle gegee. Die hoeveelheid testosteroon wat hulle geproduseer het, is toe aangeteken.

Daar is ontdek dat die gebruik van die pynstiller vir een dag geen verskil gemaak het nie, maar as dit vir ’n week gebruik word, maak dit wel ’n verskil.

“Hierdie studie versterk die bestaande bewyse dat die voortdurende gebruik van parasetamol tydens swangerskap die risiko vir voortplantingsteurings by babaseuntjies kan verhoog,? het dr. Rod Mitchell van die Universiteit van Edinbugh gesê.

“Ons wil swanger vroue aanraai om die huidige riglyne te volg, naamlik dat hulle die laagste doelmatige dosis vir die kortste moontlike tyd neem.?

Carmel Lloyd, hoof van opvoedkunde aan die Koninklike Kollege van Vroedvroue, het dit beaam en bygevoeg as swanger vroue nie hul simptome kan beheer deur die gebruik van parasetamol te beperk nie, moet hulle hul dokter vir hulp nader.

Dr. Martin Ward-Platt van die Koninklike Kollege van Pediatrie en Kindergesondheid het verduidelik daar is wel tye dat die vroue die medikasie sal nodig kry. Koors is een van hulle en parasetamol help om dit te laat daal. Koors is veral gevaarlik by swanger vroue omdat dit gekoppel word aan toestande soos misvormings van die hart en spina bifida.

Martin het gesê: “My boodskap aan swanger vroue is duidelik: moenie parasetamol oormatig gebruik nie, maar win mediese raad in as jy koors of pyn het waarvoor jy gewoonlik parasetamol sou gebruik.?

© Cover Media