Of jy nou ’n toegeeflike ouer is of met ’n ystervuis regeer – die kans is goed dat jy op een of ander stadium jou kind gaan moet dissiplineer. Maar hoe raas jy met jou kinders en wat is die beste straf as ’n kind hom wangedra?

Kenners by die Amerikaanse Sielkundige Vereniging se 123ste jaarlikse konvensie sê straf is nodig, mits dit reg uitgevoer word.

Onder die navorsers se aanbevelings tel:

  • Om vir kinders ’n kompromie aan te bied werk die maklikste as jy wangedrag dadelik op die spesifieke oomblik wil stopsit.
  • Strawwe soos om ’n blaaskans te neem en die kind af te sonder van die groep werk blykbaar goed met kleuters wat humeurig is.
  • Die sielkundiges beveel ook aan dat ’n kleuter se gunsteling speelding of ’n geliefkoosde item tydelik afgevat word om hulle te laat bedaar.
  • Kenners noem egter ook dat ouers wie te gereeld kompromieë met hul kinders aangaan of onderhandel om ’n middeweg te bereik se kinders sal naderhand nie meer op hierdie straf reageer nie.
  • Pasop vir oorhaastige besluite wat op die ingewing van die oomblik gemaak word wanneer jy jou kind wil straf. Vertel eerder voor die tyd vir jou kind watter straf hulle kan verwag indien hulle sekere reëls oortree en hou by jou reëls.
  • ’n Tweede kans of waarskuwing is voordelig by kinders met besonder erge gedragsprobleme.

Bron: American Psychological Association, sciencedaily.com