Al was sy toe in die hospitaal, het die ma van Minnesota haar familie gevra om haar ’n “volmaakte” Alice in Wonderland-teepartytjie te help reël. Sy het die teësinnige dokters oorreed om haar vir die partytjie te laat huis toe gaan. “Ons het geweet dit gaan nie baie goed nie en haar punt was: ‘As dit die enigste van haar verjaarde is wat ek gaan sien, wil ek hê dit moet iets besonders wees,’” sê Athena se man, Ben Krueger.

Die partytjie is op 2 Mei gehou, drie dae voor Amari se verjaardag.

Ongelukkig is Athena dood ’n dag ná Amari se verjaardag op 5 Mei. Ben het aan Today gesê hy glo sy het langer uitgehou om Amari te sien een word.

Sy het blykbaar dieselfde tyd van haar swangerskap en kanker uitgevind en met chemoterapie begin toe sy 32 weke swanger was.

“Ek hoop dat tussen die foto’s van die partytjie en alles, dit my sal help om Amari alles oor haar ma te leer terwyl sy grootword,” sê Ben. “Ek wil nie hê sy moet ooit vergeet wie sy is of waar sy vandaan kom nie – dis regtig wonderlik.”

Bronne: today.com, buzzfeed.com, elitedaily.com