Toe Huisgenoot twee jaar terug die skoleprojek Kopskuifonnies bekend gestel het, was die reaksie oorweldigend. Van oral oor het ons stories gehoor van inspirerende

onderwysers wat kinders se lewe verander.

Nou, danksy iPads van iSchoolAfrica en handboeke van Oxford University Press, gaan dit net nog beter met die wenners van dié spesiale projek. Hier is twee suksesverhale.

En die goeie nuus is – ons maak vanjaar weer so, en jy kan nog inskryf.

[caption id="attachment_77583" align="aligncenter" width="600"]Lionel Plaatjies, skoolhoof, en Joline Lawrence, een van ons Kopskuifonnies by van hul leerlinge. Lionel Plaatjies, skoolhoof, en Joline Lawrence, een van ons Kopskuifonnies by van hul leerlinge.[/caption]

Meer entoesiasme en konsentrasie met die ipad

By dié skool op die Kaapse Vlakte het die iPad-laboratorium omtrent die lewens verandervan die meer as 1 000 leerders wat nou blootstelling het aan dié tegnologie.

“In my klas gebruik ons dit veral om maaltafels onder die knie te kry,” vertel Joline Lawrence, die gr. 4-onderwyser wat as een van laasjaar se 12 Kopskuifonnies aangewys is,

en sodoende die iPads vir haar skool gewen het. Haar kollega, die Engels-onderwyser Beatie Schilder, gebruik die iPads om stories soos Aesop se fabels aan die kinders bekend te stel. Met die app kan die kinders die stories luister, oefeninge doen en vrae antwoord. Die musiekonderwyser, Allan Herdien, gebruik die iPads om kinders te leer instrumente speel. Pleks van ’n regte, duur klawerbord of kitaar, gebruik die onnie apps. “Musiekteorie kan nou prakties beoefen word.”

[caption id="attachment_77584" align="aligncenter" width="600"]Claude Moses (bo regs) het begin praat na hy met die iPad gespeel het. Onder is Leigh Dunn by die Formosa Primêre Skool. Claude Moses (bo regs) het begin praat na hy met die iPad gespeel het. Onder is Leigh Dunn by die Formosa Primêre Skool.[/caption]

Hy leer praat met ’n ipad

Voor hy die eerste keer met ’n iPad te doen gekry het, het die outistieste Claude Moses (8) net deur gebare en geluide “gepraat” – maar toe laat sy onderwyser, Leigh Dunn,

van die Elsen-eenheid vir kinders met spesiale leerbehoeftes by die Formosa Primêre Skool op Plettenbergbaai hom met die Talking Tom Cat speel. “Op ’n dag het Claude nog

so met die app gespeel, toe kyk hy op en sê: ‘Kyk hier’. Ons kon dit nie glo nie.”

Cecilia Moses, Claude se ma, sê hy het sedertien nog ’n klomp woorde by geleer: ‘brood’, die name van sy susters en ‘mammie’ en ‘daddy’.

Leigh glo iPads kan onderwys vir kinders met spesiale behoeftes totaal verander. In sy klas het elke kind hul eie iPad. “Dit is ongelooflik wat dit vir hierdie kinders doen.

Is jy ’n ouer?

’n iPad by die huis om met huiswerk en leerwerk te help kan waarlik jou kind se onderrig verander. Om ondersteuning vir ouers en meer inligting te kry of ’n plek by ’n gratis werkswinkel vir ouers te bespreek, gaan na www.iparent.co.za.

Skryf weer in

Ken jy ’n merkwaardige onderwyser wat ’n verskil maak in leerlinge se opvoeding? Jy kan hulle inskryf vir vanjaar se Kopskuifonnies.

Wenners kry ’n iPad van hul eie, ’n laboratorium vir hul skool, opleiding van iSchoolAfrica en leermateriaal van Oxford University Press.

E-pos die benoeming na Shane.Barnard@huisgenoot.co.za, pos dit na Huisgenoot-Kopskuif-onnies, Posbus 6492, Roggebaai 8012.

KLIK HIER vir nog inligting. Die sluitingsdatum is 30 Junie 2014.

Dalena Theron