Die busdrywer, Harlan Jenifer, sê die dogtertjie het doodgelukkig op die bus gesit, haar bene heen en weer geswaai en gesing: “All I want is a slushie . . .”

Hoewel die busdrywer gedink het haar middernagtelike avontuur is vermaaklik, het hy die bus stilgehou en die polisie ontbied. Hulle het die dogtertjie na ’n hospitaal gebring waar haar ma haar gekry het.

Die dogtertjie se gesin het glad nie geweet dat sy die nag haar pers jas gegryp het en by die agterdeur uitgesluip het nie.

Bronne: AP, Yahoo News