LEES DIÉ VOOR JY BEGIN

Die geheim om take betyds klaar te kry, is om dit te verdeel. “Dink aan maniere hoe jy die taak kan verdeel om dit meer hanteerbaar te maak,” sê die opvoedkundige spesialis dr. Sarah O’Shea. In plaas van om “skryf opstel” op jou doenlysie te skryf, kan jy sê “skryf inleiding” of “begin navorsing vir gevallestudies”. Dit klink sommer minder skrikwekkend, of hoe?

HEI, DIS OUKEI OM . . .

  1. DIE KLANK OOP TE DRAAI

“Stilte pla sommige mense as hulle studeer en kan eintlik in ’n afleiding ontaard en daarom kan ’n bietjie musiek soms voordelig wees,” sê dr. Sarah.

  1. ’N BLAASKANS TE VAT

As jy vir 45 tot 50 minute studeer het, kan jy ’n vyf tot 10 minute pouse vat.

  1. VIR KORTER TYE TE STUDEER

“Jy sit dalk vir agt uur by jou lessenaar maar as jy nie werklik konsentreer en iets bereik nie, is dit beter om vir drie of vier uur te studeer,” sê sy.

5 DINGE WAT ELKE STUDEERPLEK NODIG HET

  1. ’n Gemaklike stoel of kussings om jou rug te ondersteun.
  2. ’n Lys met doelwitte. Plak dit voor jou sodat jy daaraan herinner kan word terwyl jy studeer.
  3. ’n Drankie en gesonde peuselhappie sodat jou aandag nie afgetrek word as jy kombuis toe moet gaan nie.
  4. ’n Foto van jou gunsteling vakansiebestemming of daardie witwarm rok waarmee jy jouself ná jou studies gaan beloon.
  5. Al jou boeke, notaboekies en skryfbehoeftes sodat jy nie hoef op te staan om goed te soek nie.

MOETS EN MOENIES TYDENS POUSES

DOEN DIT:

Gaan uit en kry vars lug.

Gaan draf of gaan gim toe.

Ontspan en luister na musiek.

VERMY DIT:

Bly weg van Facebook.

Moenie in jou studeerplek bly nie.

Moenie aan ongesonde kos peusel as beloning nie.

PLAK DIÉ INSPIRERENDE AANHALING TEEN JOU MUUR!

“Genialiteit is een persent inspirasie en 99 persent perspirasie.” – Thomas Edison