Almal wat klavier-, tennis- of swemlesse neem, weet hulle moet hard en gereeld oefen om te kan wen of om dalk eendag ’n kampioen te wees. ’n Mens kan net verbeter as jy oefen. En lees is presies dieselfde.

Die verskil is egter: Tennis- of rugbyspelers wíl graag oefen; hulle oefen ure aaneen. Waarom? Want daar is ’n wedstryd of ’n kompetisie wat voorlê. Watter doel is daar vir lesers? Dalk die vooruitsig om goed te vaar in ’n begripstoets?

Hoe kan ons lees vir hulle lekker maak? So lekker dat hulle dit op hul eie wil doen?

KLIK HIER om 'n volledige dokument met wenke af te laai. Let wel dit is 'n .ZIP-file.