Kry jy gereeld oproepe van jou benoude bloedjie wat jou vra om groot asseblief hul sportsak, handboek, middagete of huiswerk by die skool te kom aflaai?

 

 

Jou vergeetagtige kind kan bly wees hulle is nie 'n leerder aan Lake Mary Hoërskool in Florida in Amerika nie. Dié skool was keelvol vir kinders wat pal hul besittings by die huis vergeet en ouers wat dit vir kinders kom aflaai, berig Orlando Sentinel.

Een ma het in reaksie op die skool se besluit in 'n blog-inskrywing vir die New York Times gesê sy neig daarna om die besluit te ondersteun, onder meer omdat dit kinders meer verantwoordelikheid leer as wanneer hul ouers bloot tot hul redding kom.

Bron: New York Times, Orlando Sentinel