“Jou vriendin besef dalk nie hoe nadelig vetpraatjies is nie – maar dit vernietig alle goeie gevoelens oor ? mens self,” sê die kliniese sielkundige Drazenka Floyd.

“Vetpraatjies plaas die klem op ons voorkoms, terwyl ander eienskappe ook belangrik is,” sê sy. Hoe gouer jy jou vriendin kan help om hierdie slegte gewoonte te staak, hoe beter. Maak só:

Jy moet:

? Voorbeeld stel

Verander die wyse waarop jy oor jou en ander mense se liggaam praat – selfs kommentaar oor bekendes wat jy dink skadeloos is. Neem jouself voor om positiewe dinge te sê.

Met jou vriendin hieroor gesels

“Jou vriendin besef dalk nie wat sy doen nie. Bring dit onder haar aandag deur ongeërg iets te sê soos, ‘Besef jy elke keer wanneer jy oor jou liggaam praat, sê jy iets negatief?’, gee Drazenka raad.

Die onderwerp verander

“As jou vriendinne gesels oor hoe vet hulle is, moenie saampraat nie,” sê Drazenka. Daar is baie ander interessanter onderwerpe om oor te gesels, soos . . . is Robert Pattinson aantrekliker as Taylor Lautner?

Ooreenkom

Oorreed jou beste vriendinne om vetpraatjies te vermy. Diegene wat dit doen, kan dan maklik stilgemaak word.

Moenie:

Fokus op vorm of grootte nie

Vertel jou vriendin dis nie haar liggaam wat haar wonderlik maak nie. Herinner haar dan aan al haar goeie eienskappe waarvan jy hou, van haar grappies wat glad nie snaaks is nie, tot haar vermoë om kalm te bly in ? krisis.

Jou vriendin toelaat om ? kompliment af te skud nie

As sy dit doen, herinner haar dit gaan haar nie beter laat voel as sy haar liggaam slegsê nie. Sê sy moet diep asemhaal en jou net bedank.