Ruben se boetie was eintlik vier dae laat toe sy ma, Michelle Madden (30) kraam met geen tyd om hospitaal toe te gaan nie. Die groot werk is toe oorgelaat aan Michelle se maat, Ben, en klein Ruben.
'Toe (die nuwe baba) Theo besluit hy kom vining, was Ruben briljant.'

“In die weke voor die geboorte het ons probeer om Ruben voor te berei, ingeval iets onverwags gebeur. Toe (die nuwe baba) Theo besluit hy kom vining, was Ruben briljant. Hy het gehardloop om die foon te kry, handdoeke gebring – watookal ons nodig gehad het. Ruben was so volwasse dit was ongelooflik. Hy het net kalm gebly en vir my gesê om asem te haal, terwyl my maat, Ben, help om die baba te vang.”

Paramedici het gelukkig opgedaag voor die baba se geboorte en het vir Theo, ’n gesonde baba-seuntjie aan die familie gegee.

’n Unieke band het al reeds tussen die boeties gevorm. “Hy is so lief vir Theo en is glad nie jaloers nie,” het Michelle gesê. “Hy wil my net help om na hom te kyk en hom voer.”

Bronne: mirror.co.uk, elitedaily.com, dailypost.co.uk