CNN berig Tyler Ryan Blansit het self die polisie geskakel en ingelig dat hy sy ma, Sherry Ann Blansit (45), doodgemaak het. Tyler het haar met 'n bofbalkolf teen haar agterkop geslaan.

Dié drastiese optrede was glo die die uiteinde van ’n onderonsie tussen ma en seun oor Tyler se punte. Tyler was ’n student aan die Universiteit van Alabama in Birmingham.

Tyler se pa, Gregg, het gesê hul seun was reeds vir ’n paar weke by die huis en dat die familie gewag het vir sy universiteitsuitslae.

Dit is onduidelik presies wat aanleiding gegee het tot hierdie dodelike rusie, maar daar was beslis spanning in die huis oor Tyler se prestasie op universiteit.

Tyler word aangekla van moord en bly in aanhouding tot sy eerste hofverskyning binnekort.

Bronne: CNN.COM; KFOR.COM