Laurie Ramirez het aan die TV-stasie KTLA gesê haar seun, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het ná die voorval “die hele middag in die noodkamer” deurgebring.

Beeldmateriaal van die ontmoeting wys hoe ’n uiters gretige Pluto in sy kostuum die seuntjie in sy arms omhels en hom half ongemaklik van die grond optel.

Die seuntjie lyk ná die drukkie vir ’n oomblik verward.

“Die werker het hom soos ’n lappop rondgeswaai,” beweer Laurie.

Disneyland het glo die persoon gedissiplineer en aangebied om die seun se mediese onkoste te betaal.