1. Gaan na Huisgenoot se webtuiste. Hou die muis oor die afdeling genaamd “Klaskamer” en klik dan op die onderafdeling “Winkel” om die magdom werkvelle oop te maak.

HG 1

2. Die “Huisgenoot in die Klaskamer”-blad sal verskyn. Gaan soek die graad se werkvelle wat jy wil koop.

HG 2

3. Kies daarna die spesifieke vak.

HG 3

4. Klik op die groot geel knoppie wat “Soek” sê.

HG 4

5. Blaai deur die resultate van jou soektog.

HG 5

6. Om jou soektog nog meer te verfyn kan jy ’n bepaalde onderwerp, soos “Die Brein”, intik.

HG 6

7. Klik op die resultate waarin jy belangstel om meer daaroor uit te vind. As jy in die werkvel belangstel, klik op “Plaas in Mandjie”. Jy kan weer teruggaan en nog werkvelle gaan soek om in jou mandjie te plaas.

HG 7

8. As jy al jou keuses afgehandel het, klik op “Gaan mandjie toe”.

HG 8

9. Alles wat jy in jou mandjie geplaas het, sal op die skerm verskyn. Maak seker dat jy alles wat jy ingesit het, wel wil koop. As jy besluit dat jy nie meer iets wil hê nie, klik net op die kruisie links van die fototjie. Jy sal dan jou totaal verskuldig sien. Klik op “Gaan betaal toe”.

HG 9

10. Jy sal die Betaalpuntskerm kry. Vul al jou besonderhede noukeurig in.

HG 10

11. Rol af met jou muis – daar is nog besonderhede verder ondertoe. Kies dan jou wyse van elektroniese betaling – óf direkte bankbetaling (EFT) óf betaling per kredietkaart. Klik op die “Plaas bestelling”-knoppie.

HG 11

12. Jy sal dan al die besonderhede van jou betaling ontvang (rol af en maak seker dat al die besonderhede korrek is. Jy sal ook ons bankbesonderhede vind. Jy het dan 24 uur om die betaling op jou gekose wyse te betaal. Sodra jy die betaling gemaak het, stuur asseblief die bewys van betaling per e-pos binne 24 uur aan koop@huisgenoot.com.

HG 12

HG 13

13. Jy sal kort daarna ’n e-pos van ons af ontvang met jou werkvelle in PDF-formaat.

Lekker koop!