Is daar iemand in jou lewe wat jou gehelp of geïnspireer het om te word wie jy vandag is? Het jy ooit die kans gehad om vir daardie spesiale onderwyser of mentor dankie te sê?

Dis presies wat Step Up SA wil hê jy moet doen – sê dankie en gee terug.

Step Up SA is ’n projek van Community Keepers, ’n organisasie sonder winsbejag wat opheffingswerk in en om Stellenbosch doen.

“Met Step Up SA kan mense nie net dankie sê vir die mense wat ’n verskil in hulle lewe gemaak het nie, maar ook terugploeg in die gemeenskap,” verduidelik Philip Geldenhuys.

Enigiemand kan dié projek ondersteun deur ’n digitale kaartjie te koop en dit aan iemand te stuur wat ’n verskil in hul lewe gemaak het. Al die opbrengste word dan aangewend om Community Keepers se werk te befonds by die skole waar hulle betrokke is.

Jy kan in vier maklike stappe dankie sê:

  1. Besoek Community Keepers se webtuiste.
  2. Maak ’n donasie van R45.
  3. Kies die virtuele kinderkuns wat jy vir iemand wil stuur.
  4. Vul jou naam, die ontvanger se besonderhede en ’n persoonlike boodskap in om jou huldeblyk te voltooi.

CAMPAIGN ONLINE MATERIAL 2