Meeste ouers sal die horries kry as hulle 'n enorme slang naby hul baba moet gewaar, maar die Britse Rob Cowan gee nie om as sy twee-jarige dogtertjie, Alisha-Mae, 'n Birmaanse luislang soen en vasdruk nie.

Rob en sy verloofde is slangversamelaars en spog met 'n indrukwekkende 19 slange. Al kan die luislang, wat sy slagoffers styf vasdruk en dan versmoor, maklik sy dogtertjie ook dooddruk, sê Rob die slang, Austin, is 'n "sagte reus" wat net in hul agterplaas wil lê en skadeloos is.

Rob se dogtertjie is nie die enigste kind wat gemaklik is om eksotiese troeteldiere nie. Kyk net hierdie video van 'n 14-maande oue baba wat met 'n luislang speel.

 

As jou kind graag 'n ekostiese troeteldier soos 'n slang wil hê, is daar 'n paar faktore wat jy in ag moet neem:

  • Het julle genoeg plek vir 'n vivarium, waarin jou slang moet woon?
  • Kan jy dit bekostig om 'n vivarium aan te skaf en kos vir jou slang te koop?
  • Weet jy genoeg oor die spesie en sy behoeftes, soos wat dit eet, in watter temperatuur dit moet woon ensovoorts?
  • Het jy die regte papierwerk en permitte om 'n slang te mag aanhou?
  • Weet jy wat die moontlike gevare verbonde aan die slang is en hoe om byvoorbeeld bytplekke te behandel? Al is jou slang nie giftig nie, kan bytplekke steeds besonder pynlik wees of infeksie veroorsaak.

Bronne: Twitter, YouTube, Daily Mail, www.vetassociation.co.za, http://africansnakebiteinstitute.com/